
Die FAK Jeugsimfonieorkes skop die jaar se program af met ’n opwindende orkeskonsert genaamd Eine Kleine Nichtmusik.
Die werke bevat vele musiekstyle, met gedeeltes uit Joseph Haydn se Simfonie no. 83 (die Hoender), Franse komponis Georges Bizet se L’Arlessiene Suite no. 2, die Sweedse Rapsodie van Hugo Alfvén, die Spaanse klanke van Asturias deur Isaac Albeniz, Wolfgang Amadeus Mozart se Sleigh Ride en ’n musikale “verrassing” van Eine Kleine Nichtmusik.
Kom ondersteun ons plaaslike jong musikante van die FAK Jeugsimfonieorkes en geniet ‘n aand van musiek saam met ons.
Alle konserte aangebied deur die FAK is rolstoel vriendelik.
Vir navrae kontak gerus vir Lieandri Ackermann by lieandri@kultuurtuiste.org.za
Kansellasies:
Kaartjies vir die vertoning is nie-terugbetaalbaar indien die konsert onverwags gekanselleer word.