Loading Events

« All Events

  • This event has passed.

Molly & Wors – Die Verhoogstuk

November 15, 2025 @ 11:00 am - 3:00 pm
R250

TERUG OP OORWELDIGENDE AANVRAAG – Na uitverkoopte gehore!

MOLLY & WORS – DIE VERHOOGSTUK

Met Willie Esterhuizen & Lizz Meiring

Na jare se smeek en pleit van die kykerspubliek is die immergewilde Molly en Wors terug—dié keer op die verhoog! Gehore kan uitsien na vlymskerp humor, soos net Willie dit kan doen. En die tema? “Die geheim van ’n gelukkige huwelik… bly ’n geheim.”

Kom kopknik met herkenning oor hoe dit in meeste huwelike gaan. Soos altyd in Willie Esterhuizen se werk, is dit humor met hart: heerlik snaaks, voelgoed, maar ook verrassend en warmhartig. Saam met Lizz Meiring as Molly vorm hulle ’n gedugte span en die vonke spat!

Vervaardig deur: Artist Warehouse, Westel Productions en Lizz Meiring Produksies

Teks: Willie Esterhuizen

Regie: Pieter Esterhuizen

Stel ontwerp: Willie Esterhuizen

Kostuums: Hollywood Costumes

Musiek: Toby Esterhuizen

Tegnies/Verhoogbestuur: Yvette Hanekom

Details

Organizer

Venue

  • Die Centurion Teater
  • 123 Opaal Rd, Centurion
    Centurion, South Africa
    + Google Map