
Is jy onseker of voel jy oorweldig deur die lang lys van vakke waaruit jou kind kan kies?
Bemagtig jouself en help jou kind om reg te kies!
Woon op 23 Mei 2024 om 18:00 Solidariteit en ons opleidingsvennote se GRATIS #Vakkeuse-webinaar by.
Solidariteit in samewerking met Akademia, Sol-Tech en Bo-Karoo Opleiding bied ʼn omvattende vakkeuse-webinaar aan, om jou en jou kind te bemagtig om die beste, toekomsgerigte vakkeuses te maak. In dié webinaar bespreek HPCSA- gekwalifiseerde kenners die wetenskaplike proses agter vakkeuses, en wys die verskil tussen belangstelling en aanleg wat sal bepaal watter vakke die beste by jou kind pas.
https://www.facebook.com/events/289045144276257?ref=newsfeed